
MY DOGTER SE VERJAARSDAG Spesiaal Opgedra aan my dogter 05/01/2020
MY DOGTER SE VERJAARSDAG Spesiaal Opgedra aan my dogter 05/01/2020
Geluk met jou Verjaarsdag
My dogter met jou spesiale dag
Ons vier Charlene se Verjaarsdag
Mamma is oneindig baie lief vir jou
Mamma stuur vir jou die mooiste wense
Ma bewaar ons liefde in ‘n veilige plekkie
Mamma hou jou in my hart se glaskassie
Met al my liefde skryf ek vir jou ‘n versie
Jy blaas al die 29 Jaar se kersies
Jy straal van geluk
Almal wens jou geluk
Hulle gee jou ‘n stywe druk
Jy maak jou geskenke oop stuk-stuk
Raas en blaas ‘n fluitjie
Ons hou ‘n vrolike partytjie
Ek druk jou soos ‘n sagte beertjie
Ons sing jou spesiale verjaarsdag liedjie
© Eleen van Deveneter Vorster
05/01/2020
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.