Jongste aktiwiteit:

Intermezzo in die huis van donkerte II

Kraaibekman moes allermins tot die allerminste,
behaag wees met die buidel :
Die Uwe Mnr Taks Getaks; sy koelrond,
bleskop-boebpens-baas sit en raas-

As ‘n Gedorie sy naam sou hoor
het hul skoon hul spore verloor
en mens sou glo ‘n Ditt kon toor,
die mol se gat is skoon verloon

“Bring die potte, rook die sotte en brand die motte”
sou Mnr Taks rond peins;
die heel huis is vol dowes,
hul luister na sy gesuis en druis-

“So ‘n laksman, so ‘n taksman so ‘n bloedbetapte vraatman”
het die kraaibekkoor hul verstand verloor;
blykbaar het ‘n Ditt getoor
en die Kraaibekman kon hul nie vind …

Gedories sou almal juig “batsa, batsa, aitsa aitsa ha-ha!”
“die man met sy boebpenslyf lê al te styf,
die Kraaibekman het sy koor kwyt,
en toor nog ‘n Gedorie” sou Ditt weer hoor!

“Bewys my nie my wysheid nie, maar wys my jul dwaasheid”
kerm Mnr Taks Getaks,
“Ellende, ellende lê jul voor,
dis ‘n gemoedsbekakte koor!”

©Morné du Preez




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed