
diwali
rye en rye
brandende lampe
maak lig vir die heidene
heidense feeste van weleer
blydskap heers onder hul
waarom en hoekom
weet nugter alleen
want Verlosser
is nie daar
vir hul
nie
©Teárlach
(Divali is ‘n belangrike Hindoefees. Die woord “divali” beteken letterlik “rye van brandende lampe”. Dit is as ‘n fees van ligte bekend en die meeste Indiese mense en Hindoes vier dit met blydskap. Tydens die fees versier mense hul huise en winkels met lampe en ander ornamente om dit te verlig. Wikipedia)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.