Jaag
Mense hardloop autobahn
in die ronde
net ongelukke hou die dolle
verblindende gejaag op
dan ook net ń bietjie.
Diere verteer in drie mae
savanna bos, gras en blare
net verskirkte momente
stop die organiese ontbinding
dan ook net ń bietjie.
Spruite spoel water
oor klippe, diep vore
stol in dam momente
om in see uit te spoel
so na ń rukkie.
Alles verbind
in lewens momente
oppad na die
see van Eden.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.