klanke van hoop
tierelang, tierelier
blom die angelier
handevou, handevul
blom daar ‘n afodil
blomme op my duin
kom selde daar op
slegs skulpe in puin
as meeue dit uit klop
oral langs wit huise
is vrolike blomtuine
skilder dit die duine
palms se wit pluise
op die wit strand
is daar net sand
krappe spoel uit
meeue se geluid
elke ander mens
het sy eie grens
sy liefde en hoop
deur sy periskoop
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.