ligpunte
nominaal was die insette
vir meer as ‘n maand
my duin het verdor
sy woorde verstrooi
hewige kouefront gewis
helfte van hierdie jaar
het onder gegaan
soos die son sak
soos hoop soms wyk
waar die liefde al taan
daar is niks wat nou is
wat voorheen nie was
niks nuut onder die son
wat so helder kan skyn
dat dit jou hoef te verras
geloof en liefde
genereer hoop
sonder liefde
is daar niks
liefde heel alles
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.