magrietjies
oral in die veld
skitter wit blommetjies
vroliker as ooit tuur hul na bo
selfs onder die skrefies maan is hul
gesiggies duidelik omlyn met blaartjies
saam met hulle begin die fynbos lewe kry
net waar jy kyk begin kleure pastel verf
pienk, rooi, pers en oranje reën neer
die kunstenaar se verfkwas spat
oral spatsels ink tussen gras
wat jare laas so groen was
kalkoentjies en vygies
maak randakkers
in neon liggies
wat glinster
en blink
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.