saam
staan saam
wanneer die skote val
saam met makkers alleen
onder bosse en kranse
waar selfs bobbejane
dit selde waag
langs mekaar
sal ons veg vir eie reg
bloed drup vir ons kinders
vroue met geweer sy aan sy
begrafnis manelle swart
die boodskappe so wit
voor in die gruispad
staan ‘n hemelse wa en wag
gereed om sy vrag te kom haal
sy leërskare reeds in die veld
met die wit vaandeldraer
wat oorwinning basuin
staan saam
om oupa en ouma se knie
waar stories geskiedenis word
en gedagtes staal in die ruggies plaas
waar die volk weer gevorm word
weer saam kom om te aanbid
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.