vrede
wie kan praat van ware vrede
vrede in jou hart en siel
is ook jou verstand
versadig van stryd
vrede in jou hart
sonder enige spyt
min wat ek ooit ontmoet
kan so gesels oor hul vrede
die naaste daaraan het gekom
toe ou man reg voor sy dood praat
en saggies fluister sodat sy vrou hoor
“dit is volbring – die stryd is verby”
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Barbara
ai, ons almal soek daai vrede. Mooi geskryf