Jongste aktiwiteit:

Rooiwyn saam met jou

Sy wortels delf diep in die grond
waar son en wind kasty
Sy vrug deur terroir gerond ;
deur hout tot kuns gebrei

Sy diep-rooi kurwes tooi die glas
tot ‘n kelk van stille vuur
Jou vingers hou sy glorie vas
berei vir hierdie uur

Jou neus takseer die harmonie
wat sy misterie bring
Jou tong soek na n melodie
wat die palet besing

Oorrompel deur die dowwe lig,
wil kleur en spesery
voor warm skemer-sjarme swig,
genuanseerd soos jy




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed