trekvoël
.
nou is my duin oordek met seevoëls
die seisoen in volle swang van son en lig
vrolike stemme styg van vroeg af op saam met
die skor krete van kormorant en meeu wat leef
van seediertjies en wat die wye see hul bied
elke soort by sy soort vergaar en gesels
bo alles swiep en swaai somer swaels
met piepklein klanke vee hul die lug
skoon van muggies en goggas
wat durf waag om te vlieg
so neem my siel alles
in met sy filters
van lewe
.
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.