skemer
–
wanneer agtermiddag
in skemer strale verkleur
bokspring my hart vir oulaas
saam met die golwe wat ruis
sonder uitsondering val
soos bruisende water
oor my duin verdun
en verdwyn in die
skulp ryke sand
weerkaats
skewe
strale
teen
wolke
en verf
uitspansel
pastel kleure
wat siele
versag
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.