‘n gedig vol ivyblare
’n gedig vol ivy-blare
Kan ek jou muse wees, my lyf
oordadige rubens-kontoere
’n sluimerende noot in jou hande
in die donker kamer skyn my vel
moesiewit, sag voue van helder water
en jy drink deur verskemerde oë
as jy opstaan onthou ek jou reuk by
die venster toe ons lag oor die kat
wat sy voetval verloor het
en ek dink aan ’n aand van warm jasmyn
vir die eerste keer my melksoet rondings
onder groeiende walms van jou
soms moet mens weggaan, liggaam alleen
kil spore trek soos bedelaarsente, om te
weet hier by jou is ek rankende inspirasie
so ken ons mekaar vandag met salf
en seer, want ek is hier om te bly by
jou, in ’n stadig smeulende simbaal
van die lewe
2 Kommentare
-

Wendy Leigh
Dit is werklik baie mooi geskryf, knapgedaan!.Baie dankie vir jou deelname
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek