Jongste aktiwiteit:

As die blare val

As die blare val
ek staan en kyk hoe die herfsblare
in ‘n simfonie van kleure na benede val,
terwyl die son en en wind ‘n pas de deux
deur die bome se takke dans,

loop girts – girts oor die droëe blare,
kyk in verwondering na die persiese tapyt
in kleure van geel, roes en rooi
kundig deur die natuur geweef,

peinsend oor my lewe se herfs seisoen
wonder ek of God ook vir my
‘n stukkie winter seisoen sal skenk
kom my deurmekaar gedagtes tot stilstand,
nestel my gekneusde siel
styf teen my hart se diepste klop

waar ek in stilte voor my God kom kniel,
bars Sy genade in cresendo soos ‘n ryp granaat oop

#Mariette Stoker




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed