Opgestaan
Uitgewys uitgeloot vir silwer uitverkoop
gespot geslaan waansinnig verstoord
weg met Hom ‘n koor akkoord!
sonder rede Hom toegewens moord
afgekap en omgestoot
is Hy gelos vir dood
drie dae het Hy dood bespot
Hy is God
maar moenie dink dis als verspot
want die lewe is dan ikabod
© Anita van der Wa
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.