Meisiekind
Meisiekind
Voel hoe die reëndruppels val my meisiekind
geniet hoe die water oor jou kleine lyfie spoel
laat strome van geluk jou hart se pad vind my kind
voel hoe die reëndruppels val my meisiekind
kyk hoe Sy liefde julle saam bind
deel jou seëninge my meisiekind dis soos Hy dit bedoel
voel hoe die reëndruppels val my meisiekind
geniet die water oor jou kleine lyfie spoel
© Anita van der Walt
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.