Koningsprotea (Protea cynaroides)
Ikoniese figuur ons Nasionale blom – die Koningsprotea ikonies van Suid-Afrika
Koningsprotea (Protea cynaroides)
Fynbos en kronkelpaaie
Vlaktes nasionaal diep oopgetrap
Jou suikerbos so sensueel begeerlik
Meeldrade poeierwit soos Chantilly kant
veelvormig in kelke, ‘n liefdespienk
Die Suidooster nader onheilspellend
Soos Proteus ‘n metamorfose
Herder van antieke geheime.
© L Barnard
2 Kommentare
-

Amazon
Baie besonders geskryf, ek hou hiervan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Dankie hou vd manier hoe jy Proteus ń veranderlike god in beskrywing vd die protea se baie voorkomste uitbeeld en die speel met woorde is pragtig. Dankie vir deel In my siening sou ek die reël “ Vlaktes nasionaal diep oopgetrap” weglaat of vlaktes vervang met heuwels / berge aangesien die koning protea sover ek verstaan nie in vlaktes voorkom nie