Wraak van Poseidon Silwer
Poseidon
se stem was swaar en luid
swart water sidder
teenaan die kante van ‘n skuit
die hekke van Olympus
wat oopmond gapend wag
terwyl Hades uittartend
spottend skaterlag
in die nanag huil die wind
tussen wrak en wier
spoel die golwe
oor die uitgestrekte arms van ‘n kind
©️ Amanda
Poseidon= Griekse god van die see
Olympus = Volgens Griekse mitologie is die hemel bo-op die hoogste piek van berg Olympus
Hades = die onderwêreld in Griekse mitologie
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek