Jongste aktiwiteit:

Wees van my wees (Brons)

wees,
my vlees
vlamkers waskombers
om my naakkoud toegevou,
my kaggelvuur
waardeur hartklopdans se knetterbrand
wintergees buite hou,
my rooiwyn
in warm-aar verleiding
tot my dor(s)weesglas vol vloei,
in verlangekyk kindverstout
hartspoor na buite
in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
ons beskore

ek vra jou

bloot

wees …

Elizabeth




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed