Jongste aktiwiteit:

verbrokkel

–
wanneer ouderdom
die veneer van hoogmoed
begin aanval en krake verskyn
kom die ewige verskonings
in aanvalle tevoorskyn
–
valse trotsheid
oor rykdom en eer
wat ander besmeer het
met armoede en seer
is ‘n kanker vanself
–
die jare wat tel
is die oudword-jare
voor deure van die hel
trotsheid verbrokkel
en word siele getel
–
©Teãrlach




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed