Jongste aktiwiteit:

Bloed is dikker as water

Waar gaan die tyd dan heen
ons harte was saam gesmelt as een
drie susters verskillend en tog so eenders
lewe vandag soos ñ spul vreemdes

Ja elkeen het sy eie gesin
lankal terug hul eie lewe begin
beteken dit ons moet vergeet
hoeveel liefde tussen ons gemeet
waar het dinge skeef geloop
is daar vir ons nog ñ tikkie hoop

Sien mekaar net by geleenthede
my sussie hart nie daarmee tevrede
ons het altyd alles met mekaar gedeel
nou word hier en daar inligting van die ander gesteel

Ek soek so graag my susters terug
kom ons vat die eerste treë oor daardie brug
weet net ek bly lief vir julle
al het ons ook meningsverskille
bloed is mos dikker as water
wees lief vir mekaar eerder nou as later

©Ans van Rensburg
19/08/2022




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed