Jongste aktiwiteit:

Ek weet

Ek ken jou lag en jou naam
ek weet waar kom jy vandaan
ek ken jou verlede ook tog jou hart
waarom voel ek dan soms so verward?
al is daar iets wat binne my knaag
weet ek dat ek my lewe vir jou sal waag
ek weet vir seker hoe jy oor my voel
dan is daar dae wat onsekerheid oor my spoel
terwyl die ontwetendheid snags my omvou
weet ek beslis ek wil ñ toekoms saam jou Nou
selfs waar die kommer en twyfel heet
is daar iets wat jy moet weet
ek weet in my hart ek is gemaak net vir jou
wil hê jy moet weet “Ek is ongelooflik lief vir jou!”
@Ans van Rensburg
2/11/2022




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed