deur Tearlach vir Gedigte Share: verwante: Klankfees Tussen my en jou 4 Desember 2023 455 gesien 0 Komentare 0hou van ver van waar ek staan verdwyn die landskap in digte mis en die niet my hart dink terug aan vervloë tye nag se drome dring op en my bewuste denke ril pure speel-weer swaarkry vorm hoendervleis op my koue arms dink positief – sê sy sy wat drie en vyftig sakke sout en peper met my gemaal het tot ragfyn stof hoe ver wil jy dan sien verby die hemel se grens waar son, maan en sterre weer gaan begin vorm ‘n nuwe Jerusalem ©Teárlach. Rapporteer inhoud Issue: * Kopiereg inbreuk vuil taal Ongeldige Inhoud Your Name: * Your Email: * Details: * Handig verslag Vorige volgende