Ebenhaéser.
“Tot hiertoe het die Here ons gehelp.”
Dag na dag word ons deur hoër hand gedra en gelei.
God alleen moet ons lewe lank hierdie erkenning en eer verkry!
Op eie been kan ons nie staan.
Afhanklik sal ons altyd bly.
Niks wat mensekind doen, sal ooit kan vergoed vir Genade onverdiend.
In U Here stel ons dus ons vertroue.
U hou onderhou ons lot.
Op U is ons aagewese.
U is die Groot en ewige God.
Dank, eer, lof en aanbidding gee ons aan die Heer.
Wanneer die Son helder skyn, maar ook in jou donker momente van seer…
Vergeet nooit die goedheid van die Heer.
Ebenhaéser. Tot hiertoe en hierna…
Tot in ewigheid sal Hy ons dra.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.