Jongste aktiwiteit:

Versperrings (Goud)

die sterre wink my nader op my blindelingse reis
die grashalms in my hande
breek soos afgebinde bande
en ek vryval ver die dieptes in

ek val verby my groefgreep vesting
se onbewaakte deur
en sien die koggelende brokke
van my afgode se koppe
en hul ewige genadelose grin

ek gryp met afgeremde tamheid
na ‘n krater op die maan
maar die hyging oor my lippe
breek my houvas op die klippe
en skeur my bladsy van besin

in my soeke na die vryheid
van ‘n vreemde fantasie
neig ek gevaarlik na die son
en sy doodskroei vuurvlambron
met die onskuld van ‘n nuwe oorbegin

Andries Fourie
28.06.2024




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed