Jongste aktiwiteit:

Onwaarskynlikheidsleer (brons)

ʼn gebreekte eier het van die vloer af opgespring
die druipnat jellie opgeslurp en in sy dop omsluit
my roosterbrood het teruggesak
geleidelik weer na wit gebrand
met knarsende kabaal het koffiebone hulself ontmaal

buite in die strate was elke brakkie stil
en paaie sonder gate het in suiwer swart geglim
nog verder, in die grasland wat ongetemd in winde wuif,
het die lammer lui en langsaam teen die grote leeu gaan lê

en terwyl die vark verbyvlieg
het ek myself ook reggeruk
vir al my antieke foute
het ek vergifnis gevind

© Cobus Kruger, 2024




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak