Die Lewe Is ‘n Lied
Die lewe is ‘n lied word ons vertel
maar elke dag bring mos ‘n nuwe melodie
waar ons die woorde self moet kies,
dan sing ons saam ‘n simfonie…
©Anton Bosch 14/01/2019
2 Kommentare
-
Toom
Mooi man! Stem saam met CJL. GvT
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
See-Jay-El
Dis 'n pragtige samevatting van die lewe se daaglikse uitdagings, waar jy die geykte stelling van 'n enkele lied of 'n enkele melodie verkeerd bewys. Elke dag bring sy "eie melodie." Die woorde wat jy daarby voeg gaan jou ervaring van die dag bepaal. Dis 'n amperse waarskuwing om jou liriek vir die dag met omsigtigheid te kies. Wanneer ons dan almal saam ons liedere voeg maak dit 'n wonderlike simfonie. Dit herinner my aan die gemeenskap van gelowiges wat in Korinthiers beskryf word. Waar elke lid bymekaar kom met 'n gawe om mekaar te dien. Een met 'n profesie, ander met genesing, gebed en bediening van liefde. As die afsonderlike lede mekaar dan dien, word die liggaam geseën. Die volle simfonie van lofprysing aan die hoof. Want nie een lid is bedoel om onbetrokke te wees nie, maar as geheel word dit 'n welriekende offer wat opstyg tot eer van God. Is dit nie wat die doel van die hele skepping is? Soos daar in die Psalms vertel word.