In skadu’s van skuld (SILWER)
In skadu’s van skuld
Duister gedagtes bly dwaal op my spoor,
’n yswind wat bitsig in my kop blaas
soos golwe wat gretig teen rotse raas –
snydende swaard wat deur my vrede boor.
Skuldlas wat klou soos nag in duisternis,
verhinder die nuwe lig op die horison.
Duister gedagtes dwaal op my spoor,
’n yswind wat bitsig in my kop blaas.
Ek strompel voort op ’n pad sonder hoop
’n stille afgrond wat voor my wag.
Hoe lank nog sal die skuldlas my verteer,
’n swaard wat oor my bestaan hang?
Duister gedagtes bly dwaal op my spoor.
©MarleneErasmus
16/08/2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2024 – SKULDLAS projek