Jongste aktiwiteit:

Laaste Asem

Voëls roep, sing weemoedig, in die vloed
van ‘n tranereën wat lewe aan hulle bring;
daar staan hy, sonder ‘n naam, gesigloos,
tussen die riete waar hartseer ronddraai.

Tyd het aangebreek, sonder groot onthaal,
om die geskenk in silwer en goud te open;
om ‘n laaste struikelblok, verset, te oorkom
en die weg te baan na die sterre wat wink.

Blydskap wat met ‘n gejuig oor hom kom
bring ‘n liefde wat hom omhels, wat ‘n eer;
die laaste ervaring, die laaste oomblikke,
is wat daardie smeulende as brand maak.

Gevoelens lank verborge streel gedagtes,
onaantasbaar, soos mis wat water beklee;
die lied van die wind bring ‘n lig van vrede
wat die donkerte tussen die riete verdrywe.

06/01/2017 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed