Die verbode vraag
En daar sal nag wees.
‘n Verderf van die vlees,
verdoem, alleen in die gees
alleen in die ewige vrees.
Geskep en gebore vir lig en vreugde sang
deur die ewige donker duisternis ontvang.
Weg weg weg
verban na die dieptes van die ewige sleg.
Is daar ‘n God van genade,
en durf ek in my waansin vra
‘n God van wraak?
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Tom Brown
Hierdie gedig was 'n poging deur Jacob en ek in ons dronkenskap. Dit was jare gelede. Hy was nogal gefassineer met die dood.