
DIS KERSFEES
In ons oë flikker bont sterretjies van kersfeesliggies.
Oor toegedraaide geskenke loer opgewonde gesiggies.
Tafels kreun onder vleise, brode en slaai.
Siele en gemoedere word met vreugde oorlaai.
Saam eet, saam drink en saam kuier,
wyl Die Boodskap in die lug hang en kerkklokke beier.
Die Koningskind verjaar, dis Kersfees!
Laat daar vrede vir almal hier op aarde wees.
©HMellet
2 Kommentare
-
Toom
Dankie vir jou segenswens -- en gelyke wense aan jou terug! Laat daar vrede op aarde wees! Groetnis vanToom
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek