Affodil blom #Brons
Affodil blom
Sy lê geduldig en wag
snoesig en sag
gereed
want sy weet
as die oomblik aanbreek
moet sy haar koppie deursteek
en blom waar sy geplant is.
Geel, oranje, rooi
so so mooi
waai
en swaai
in wind en weer
niks kan haar keer
want sy blom waar sy geplant is.
So lê ek en wag
dag en nag
gereed
om te weet
wat die jaar vir my wegsteek
sal ek kan deurbreek
om te blom waar ek geplant is.
Met talente opgetooi
om uit te strooi
kraai
en saai
meer en meer
als vir my Heer
want ek sal blom waar ek geplant is.
C Diederiks ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek