Vinnig Stop
rubberwiele skuur
oor swart slaggat pad
elke man in sy eie staalkas
oppad met ń eie nood
vuil wit papier fladder
teen swart stam bloekombos
die plek is gemerk,
as broek aftrek plek
wiele knars oor gruis
by die aflaaiplek
dan skielik ń gesig !
wat vry vir…
die venster bars
tonge klap, hande gryp
en ek sit volgedagtes
berowe en kaalgat
© Koos Elsum
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.