Vlugtige Antwoorde
in ongemaklike sitplekke
op nimmereindige soektogte,
oppad na ander plekke
in velerlei reistuie
word ons vasgevang
hoë energie masjiene
dryf helikopter brommers
en vlamgat hoog vlieg stralers
voor oordonder instrumente alles,
homo sapiens is op ń tegnologiese vlug
in onbewuste slaap is
elkeen knus in ń eie kombers
dis wanneer unieke eie tegnologie
beelde teen ooglede flits dat
die mens in ń droom ontvlug
altwee vlugte
een vuur en instrument gestuur
die ander intern gevuur
is wonderlike reise
af en dan
© Koos Elsum
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.