Jongste aktiwiteit:

Magiese hipnose -Goud

honger arms wink vraatsig

terwyl die monster dreunend grom

dan weer lustig luier

uit donker dieptes

waar magiese oë glinster…

spuug hy sy wit skuim-asem na bo

spikkel-wit speeksel breek

ritmies teen goudkorrelsand

onsigbaar hipnoties neem ek sy hand

een-twee-drie sleep ons voete sku

op die sluwe wrede wals

van die magtige –

misterieuse oseaan

en dan …

verdrink ons saam

in my angstige bang

©️ Amanda de Meillon




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed