Fetus van my Goud
Fetus van my
jy is siel van my siel
‘n stukkie DNA –
voortgedra (sonder keuse)
jy is siel van my siel
‘n chromosoom verlengstuk
van my sigoot
ek het jou gevoed
vasgeweef aan die naelstring
van ons eenwees
ons mitotiese menswees
jy is siel van my siel
afgebind in baar
tog met ‘n onsigbare lewensband
vervleg tot die dood
©️Amanda de Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Maart 2025 – OOP projek