Jongste aktiwiteit:

pioniers

 

 

grasdak, kleimure, stewig gerots

uitgekap en gegrawe uit berg se rand

op een hoek die skoorsteen wat bo uitstaan

vooraansig soos twee oë en ‘n mond wat gaap

langsaan in waenhuis staan platbak transportwa

teen die bult op, die klipkraal tussen noem-noem

bosse en struike wat die berg hewig indring

dubbel kombuisdeur met sy houtraam

verberg die kleipotte met water

wat daar in huis se koelte staan

binne val die kleivloer my op

met grasdak sonder plafon

die houtstoof in kombuis

met gepakte houtstapel

wat gereeld aangevul

gereed vir elke kookbeurt

en koue nag se kuier-voor-die-stoof

teen die aanloop van die bult

staan die piesangbos welig by die put

langs voetpad en tweespoorpad

wat kronkelend die opstal

in nat en droog moes bereik

Venda vroue met kalbas-op-die-kop

wat water kom haal by die enigste put

bosvarke wat snags die welige

piesangwortels kom uitskrop

Bosbok se blaf by eerstelig

die Naguiltjie

se kiep-kierel-wiet

wat saens die Maan

se aankoms aankondig

elke stomende oggendkoffie

met ryk room daarin

van vars gemelkte

Jersey koeie

voor dagbreek

gemelk

so bly elke

flits van jou,

pioniershuisie,

in die Soutpansberg,

my na agt-en-sewentig jaar

nog vars in die geheue

so herinner vandag

se fisant-koggel

my steeds weer

aan jou

 

© Tearlach.

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Coenraad Lid se profiel foto het verander