Jou handeroom-geskenk
Jou handeroom geskenk
(Simply Bee®: Natural beeswax products)
Nou smeer ek my hande af aan jou.
Ook lank nie meer in onskuld nie.
Deesdae weens ‘n skurfheid
wat vatplek kry weens was en afspoel,
uitspoel en óórspoel…
veral oor wat wás.
Gebars en rou!
Geen mate van was
of salfsmeer
sal ons handelinge
ooit weer glad laat verloop
of bloot laat wees nie.
©ASvdMerwe
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2020 – OOP projek