
toeka
toe was die balies vol vet
gevul met halfgaar skaap bout
en hompe bruin gebakte beesvleis
water het uit ‘n stroompie of put gekom
min het fonteine gehad, maar daar was daarvan
helder fontein water sonder enige besoedeling
vars groente het direk uit die tuin gekom
ertjies, beet, aartappels, en pampoen
niemand het geweet van pensioen
ouer mense was altyd versorg
die wat oud genoeg was
moes help werk en het
saans sommer op die
skoot met boekevat
skool gegaan
lees, skryf
en bid
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.