Emansipasie (… ewige konsternasie) BRONS Mei 2025
BRONS MEI 2025
Emansipasie
(… ewige konsternasie)
Sleeptongende woord’ val
spykers se klakkelose reën
heilig is die grond waarop ek staan.
Tjankende winde kwyn
blomblaar prag se fluister
lust’loos is die lewelose liggaam.
Versluierde siel peins
naak gewaad se mis-triestige grys
rustig is die digterlike muse
Bloedbevlekte vlerk erodeer
gedagtes se diepste blou
veilig is die son-gesoende tuin
Gods water oor Gods akker
strelend
helend
tyd se loop
my jas geknoop
©️ Pierce van Tonder, 2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Mei 2025 – OOP projek