onder die akkerboom (GOUD)
onder die akkerboom
‘n Kombers word uitgerol
soos ’n sagte fluistering oor die gras,
weg van die wêreld se gejaag
in die stilte van die natuur.
Appels rol uit ’n oop mandjie,
druiwe lag in sonnig trosse,
en kinders hardloop met vuil handjies rond
tussen vlinders en brokkies brood vir die duiwe.
Tyd
gaan lê lui langs my
en purr soos ’n kat in die son.
‘n Mier dra ‘n krummeltjie weg
so ernstig,
so eenvoudig,
en ek wonder hoekom almal dit altyd so ingewikkeld maak.
Hier
word stilte
my kosbare dis.
©MarleneErasmus
30/06/2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Junie 2025 – PIEKNIEK projek