dele
nou ken ons nog maar net ten dele
later sal ons dalk alles ken
hare, oë, ore, neus,
mond, tande, lippe,
kop, gesig, nek,
arms, hande,
bene, voete,
tone en knieë
so baie om te weet
kuier ons op die Maan
trek geen swaartekrag ons aan
gewiglose ruimte reisigers
verloor spiermassa
gedagtelose mens
verloor breinmassa
sterf daagliks duisende
breinselle wat in onbruik
sonder suurstof krepeer
beweeg vir suurstof
bid vir die ander
tot Sy lof
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.