MA
Toe ons nog was,
Klein, jy jonk
Kon ons val, huil, seerkry, lag
En in speletjie kerkwyn verdronk
In die poele van jou grysblou oë
het ons sproeireënlafenis gevind
en deur die vensters van jou siel
Was ons met mekaar verbind
Die gat wat bloed laat
Is veel groter as die van water.
Dit sou ons agterkom
Heelwat later
Maar nou’s ons net verlore DNS skakels
Wat rondom jou beendere speel
Soekend tussen baarmoederas
Na dit wat eenmaal ons s’n was…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.