poësie slagveld (Goud)
ons poësie verpletter
woorde laat dit splinter in
rympatroon-skrapnel
die aanslag van ons voordrag
koers in bane op die teiken
af en laat wonde van
perfekte woordharmonie
in die binne-oor
ons wil ons versreëls bind
en vasmaak aan die pantsers
van die gevoelige poëtiese siele
ons wil diepte skep
in ons vers-klank
en daarom versier ons
die binnemure van ons verse
met al die ryk(er) skakerings
van poësie
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Oktober 2025 – OOP projek