Jongste aktiwiteit:

Vuurtjie van my hart

My denke vlamtong ’n vuurtjie
rooibruin gebleikte doek
essel die oë van my hartsverlange
kleure palet saggolwend
kwas my denke
doek my vuurtjie tussen rooi duine

my oë praat gebaretaal met vlamtonge
hitte-vrede my hart
ek sien die duine in die vlamme
ek voel die kameeldoringhout
kool die oë van my hart
ek proe die hitte droog my lippe
ek ruik die asem van die rook
ontsnap die werklikheid
meetbaar in elke vlammetjie se brand

gister se drome skerwe vandag se realiteit
firewall’ spieël my lewe
my ‘serwer’ se data mirage vrede
vlamvingers knoppie emosies op my ‘keyboard’
‘delete’ ‘undo’ ‘copoy’ ‘paste’
herprogammeer die ‘server’ van my lewe
tussen rooi duine data vlamvingers

surrealisties
keyboard’ die vuurtjie van my hart
reëele werklikheid plooi my eensaamheid
vlamtong my verlange na rooiduine
verkool my drome tot as in die sand
krankheid gebaar verkreukelde hande

dowe ore
moeë oë
kaggel nou
die vuurtjie van my hart …
—————–ooo0ooo—————–
(© Pieter Mostert)

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed