triek
soveel dae, soveel nuwe trieks
een staan op sy kop, ander dryf in die lug
een kaart kies, twee kaarte vervies
elke beskikbare blad spel sy trieks uit
lokblaaie se advertensies lê ryp
elkeen het die tyd gegryp
einde van die jaar kom
laat ons nog ‘n bietjie..
net nog ėėn triek
aan ons lesers bied
lokprentjies wat skok
lokformate wat koppe krap
lok-jou-hier, triek-jou-daar
die goed maak my deurmekaar
alles om die “beeld” van verveeld
plaas jy hier, plaas jy daar
elke leser lank reeds gaar
toemaar, dit sal bedaar
sodra nuwe jaar
verjaar
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.