Vuil Gevat
Vuil Gevat 1
die vuilvatvingers van die mens
lê walglik sigbaar oor ons land
papiersakke wapper aan elk’ doringdraadgrens
die vuilvatvingers van die mens
bemors selfs die oseaan se spens
rommel lê op vlaktes en op die strand
die vuilvatvingers van die mens
lê walglik sigbaar oor ons land
Vuil Gevat 2
doodgedruk, verstrengel, verstrik
aan menserommel in die see
riviervis en -voël rioolverstik
doodgedruk, verstrengel, verstrik
besoedel met blik, versmoor in slik
moord in elk van die mens se tree
doodgedruk, verstrengel, verstrik
aan menserommel in die see
Vuil Gevat 3
vuilgeel rooklug hang teen die blou
die osoonlaag ‘n gat wat roep, roep, roep
dat besinning moet kom vir my en jou
vuilgeel rooklug hang teen die blou
die aarde stik en smoor en skrou
totale uitwissing staan op ons stoep
vuilgeel rooklug hang teen die blou
die osoonlaag ‘n gat wat roep, roep, roep
Lorraine Smit ©
Mei 2023
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Christa D
Interessante gedig