elikser
klein houertjie – groot gif
soos jy yster in goud verander
soos jy verkoue in gesondheid toor
so is jou invloed op my donker gees
jy wat die oggendson in neon kleur
wat my bloed verdun en verloop
ast ware my lewe verleng
jy is die elikser van my
jou spitsvondigheid
ongekunstelde
vermaak
konkoksie
in my bestaan
borrel jou ywer
soms so uitgewan
oor droë dae
lang nagte
verwek
jy dit
in my
wat
is
© Tearlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek