Jongste aktiwiteit:

Die laaste uur

Brons
Die laaste uur
Jy mag sieklik wees of oud,
die einde sien wink
of jy mag jonk wees
en energiek,
dood nie iets waaraan jy dink.
Môre is nie belowe en so ook nie vandag.
Die doodsengel kan jy enige oomblik verwag.
Hy vra nie vrae, berei jou nie voor,
die geveg met hom gaan jy beslis verloor.
Besittings wat jy agterlaat
dalk niks
wat ander by kan baat.
Dan lê jy daar,
jou as in ‘n kis
en binnekort
niemand wat jou meer mis.
So waarom dan jou strewe
om met ander se goedkeuring te lewe?
Geniet die lewe
en wees bly.
Daar is net een
wat jou lewe kan lei




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed