Jongste aktiwiteit:

Juanri
vir

Juanri

Lees meer oor Juanri

BRONSKLAS

JANUARI 2026 – NUWE BEGIN PROJEK

3.Nuwe kamers – groot word 

Saterdag braai en rugby kyk

en later ma wat my leer stryk.

Net hier in my hart se binnekamers:

vir dít maak ek ruimte – vir niemand anders!

Daardie dae van wandel na kerk –

ma en pa en boetie

en ék…

Kaalvoet ry op die plaas se ou hek

en veldlangs galop op Blommie – my perd.

Dit alles sluit ek sonder skroom

om vir ewig in my hartskamers te bly woon.

Hier staan ek nou in ‘n kamer so vreemd…

en my stem klink hol en ek is alléén!

My kindertyd – vir ewig verby –

soos ‘n seepbel het dit deur my vingers gegly!

My geheue vang die paar oomblikke vas,

maar die onthou blý kwyn

in dit wat eens wás !

In my hart is daar ‘n nuwe kamer.

Is ek op die regte plek?

Kan ek nie maar terug

na die kind op die hek?

Juanri

 

 

 

 

(1)




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed